Posted by on August 12, 2013

For those who don’t know I did the voice for the FNB Afrikaans radio character WERNER from “beep” bank. 😉

It is a very successful campaign that garnered a load of publicity!

The below text taken from NEWS24.

—————————————

http://m.news24.com/sake24/Maatskappye/Finansiele-Dienste/FNB-slaan-munt-uit-radio-advertensie-20111002

FNB slaan munt uit radio-advertensie 

Deur: Vida Booysen2011-10-02 09:06

 Bloemfontein – “Goeienaand Mevrou, dis Werner van Blieb-bank…”

Of jy nou die radio-advertensie geniet of verpes, dié hopelose verkoopsagent wat telkemale getroef word deur FNB-klante, het die afgelope maande nie net die grense van radio-advertensies verskuif nie, maar ook gelei tot ’n toename van 20% in nuwe rekenings by FNB sedert die begin van die veldtog.

In ’n eienaardige sameloop van omstandighede het ’n telefoniese poets boonop daartoe gelei dat een van FNB se eie oproepsentrum-agente, Sherwyn, ook deesdae ’n huishoudelike naam word.

“Werner breek deur die geraas daar buite en hy dwing mense om te stop, te luister en te dink oor wat aangaan,” sê me. Bernice Samuels, bemarkingshoof by FNB en die dryfkrag agter die Werner-veldtog waar Werner, die arme verkoopsagent van ’n naamlose mededingerbank, ondanks sy beste pogings die heel tyd te doene kry met mense wat reeds vir FNB gekies het.

“Ons glo dat ons dienste waarde vir geld bied in ’n tydperk waar verbruikers meer moet opdok vir allerlei dienste en produkte – en ons wou mense daaroor laat dink of hul bank dié aanbod kan ewenaar.”

Die probleem was egter dat die momentum van die advertensie eenvoudig nie binne die tradisionele 30 sekondes van ’n radio-advertensie gebou kon word nie. Samuels sê daarom is besluit om die advertensies so lank te maak as wat nodig was om die boodskap oor te dra. Sommige advertensies duur so lank as 75 sekondes.

“Hoewel dit ons natuurlik baie duurder kos, het dit uitstekende resultate behaal. Van Januarie tot Junie vanjaar het ons gemiddeld 300 000 nuwe kliënte per maand gekry. In Julie en Augustus, ná die veldtog begin is, het dié syfer tot 370 000 per maand geklim.”

Daar was ook ’n toename van 46% op ’n jaargrondslag in die aantal mense wat nuwe tjekrekenings geopen het, terwyl daar ’n styging van 26% in kredietkaart-rekenings was. Samuels is veral bly oor die 26%-omskakeling na elektroniese bankdienste, een van die groot doelwitte van die veldtog.

“Ons kry terugvoer van mense, selfs ons bestaande kliënte, dat hulle nie geweet het hoe maklik dit is om aanlyn sake te doen nie. Werner het ons almal gedwing om nie apaties teenoor ons banksake te staan nie.”

En wat van Sherwyn? Dié doodgewone oproepsentrum-agent by FNB het op ’n dag ’n oproep van die poetsbakker Darren Simpson van Highveld Stereo ontvang, wat die geduld van oproepsentrum-personeel wou toets.

Nadat die foon in Simpson se oor neergesit is by twee ander oproepsentrums, het Sherwyn ewe behulpsaam op sy versoek vir sy huilende baba ’n liedjie gesing en sy blaffende hond gehelp stil kry.

Ná die meeste mense lankal nie meer sou saamspeel nie, het Sherwyn kalm en geduldig gebly.

Samuels vertel dat sy die gesprek die eerste keer op die lug gehoor het, toe sy in haar motor op pad werk toe was.

“My hart het in my keel geklop en ek het net gehoop en bid die outjie kan koel en kalm bly.”

Ook hierdie stukkie realiteits-radio het FNB vinnig in ’n TV-advertensie omskep en ook op sy Facebook-bladsy en youtube geplaas.

“Sherwyn is ons held. Ons sê altyd ‘Hoe kan ons jou help?’ en toe hy dit moes bewys, het hy met vlieënde vaandels geslaag.”

Sy sê die enigste probleem is dat elke inbeller na die oproepsentrum nou met Sherwyn wil praat. “Al ons oproepsentrum-konsultante staan nou as ‘Sherwyn’ bekend.

Comments

Be the first to comment.

Leave a Reply

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>